hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4 Bybel vir Almal (ABA)

Vir wie het ek so hard gewerk?

1. Ek het ook gesien dat daar in hierdie wêreld baie mense is wat ander mense laat swaarkry. Ek het gehoor hoe huil die mense wat verdruk word. Daar was niemand wat vir hulle gehelp het nie. Die mense wat hulle verdruk het, was sterk, en daar was niemand wat vir die mense gehelp het wat verdruk word nie.

2. Ek het toe gedink die mense wat klaar dood is, is gelukkiger as die mense wat nog lewe.

3. Maar wie is gelukkiger as hulle almal? Dit is die mense wat nog nie gebore is nie. Hulle is gelukkiger, want hulle het nie al die slegte dinge gesien wat mense in hierdie wêreld doen nie.

4. Ek het gesien mense werk hard en hulle wil slaag. Hoekom? Omdat hulle jaloers is op mekaar. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, hulle jaag wind.

5. Dwase gebruik nie hulle hande nie en hulle werk nie. Hulle sterf van honger.

6. Dit is beter om partymaal te rus en ’n bietjie kos te hê as om altyd hard te werk en baie kos te kry. Dit is soos om wind te jaag.

7. Ek het nog iets in hierdie wêreld gesien wat nie is soos dit moet wees nie.

8. Iemand is miskien alleen en hy het ook nie kinders of broers nie, maar hy hou aan om hard te werk en hy is nooit tevrede met alles wat hy het nie. Hy sal later dink: Vir wie het ek so hard gewerk? Hoekom het ek self so min van alles gebruik?Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is ’n baie slegte ding.

Dit is beter wanneer twee mense saam is

9. Dit is beter wanneer twee mense saam is, dit is beter as om alleen te wees. Wanneer twee mense saam hard werk, dan kan hulle ’n groter beloning kry,

10. want as een van hulle val, dan kan die ander een hom optel. Maar dit sal sleg gaan met iemand wanneer hy val en daar is niemand om hom op te tel nie.

11. En ook, wanneer twee mense bymekaar lê, dan bly hulle warm, maar as iemand alleen lê, dan sal hy nie warm word nie.

12. Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer ’n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie.

’n Jongman en ’n ou koning

13. ’n Jongman wat arm is maar wat wysheid het, is beter as ’n koning wat oud is en wat ’n dwaas is en nie wil luister na sy raadgewers nie.

14. Ja, die jongman is miskien gebore toe die ou koning al regeer het, en sy ouers was miskien arm. Die jongman was miskien ’n gevangene, maar hy kan daar uitkom en miskien koning word.

15. Ek het gesien dat al die mense in hierdie wêreld kies om saam te gaan met die jongman wat koning geword het in die ou koning se plek.

16. Daar is altyd mense wat graag ’n nuwe koning wil dien, maar later hou hulle nie meer van hom nie. Ja, ook dít is nie soos dit moet wees nie, almal jaag wind.

Jy moenie dinge sê wat vir jou sonde laat doen nie

17. Jy moet versigtig wees wanneer jy na die tempel gaan. Dit is beter om naby die tempel te wees en net te luister, beter as om te offer soos ’n dwaas offer, want dwase doen net verkeerd.