hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6 Bybel vir Almal (ABA)

Wie weet wat goed is vir ’n mens terwyl hy lewe?

1. Daar is ’n verkeerde ding wat ek in hierdie wêreld gesien het, en dit is vir ’n mens moeilik om dit te verstaan:

2. God laat ’n mens ryk word en Hy laat dit goed gaan met hom, en ander mense respekteer hom. Hy het alles wat hy graag wil hê, maar God laat hom dit nie geniet nie, iemand uit ’n ander land kom en daardie persoon geniet dit. Dit is nie soos dit moet wees nie, dit is ’n baie slegte ding.

3. ’n Mens het miskien 100 kinders en hy kan lank lewe, hy kan baie oud word, maar as hy nie genoeg kan geniet van die goeie dinge nie en as niemand hom begrawe nie, dan sê ek: ’n Kind wat doodgebore is, is gelukkiger as so ’n mens.

4. Want ’n kind wat doodgebore is, is nie soos hy moet wees wanneer hy in die wêreld kom nie. Dit bly donker vir hom en hy gaan weer weg in die donker, niemand ken sy naam nie.

5. Hy het nie die son gesien nie, en hy kry rus. Maar die mens wat lank gelewe het, het nie rus gekry nie.

6. So ’n mens het miskien 2 000 jaar gelewe, maar as hy nie die goeie dinge kon geniet nie, dan het hy nie rus gekry nie. Almal wat sterf, gaan na dieselfde plek.

7. Mense werk hard om te kan eet, maar hulle kry nooit genoeg nie.

8. Party mense het miskien wysheid, maar dit gaan nie beter met hulle as met dwase nie. En dit gaan ook nie beter met die arm mens wat weet hoe om reg te lewe tussen ander mense nie.

9. Die dinge wat ’n mens kan sien, is beter as die dinge waarna jy aanhou verlang. Ook dít is nie soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.

10. God het lank gelede gesê wat nou moet gebeur. Almal weet wat ’n mens is, ’n mens kan nie vir God na die hof vat nie, God is sterker as ’n mens.

11. Mense sê baie dinge, maar dit beteken niks. Dinge is nie soos dit moet wees nie, dit help ’n mens niks.

12. Want wie weet wat goed is vir ’n mens terwyl hy lewe? Sy lewe beteken niks en dit gaan verby soos ’n skaduwee. Wie kan vir ’n mens sê wat in hierdie wêreld sal gebeur as hy self nie meer lewe nie? Niemand.