Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Jy moet aan God dink vóór daardie dagwanneer die silwer tou breekwaarmee jy water uit die put opgetrek heten die goue bak stukkend breek waarin jy die water gegooi het,vóór daardie dag wanneer die waterkruik by die fonteinstukkend is,en ook die wen-as bokant die watergat.

7. Dit is die tyd wanneer jy sterf en jou stof teruggaan na die aarde, en wanneer jou asem teruggaan na God wat die asem gegee het.

8. Die Prediker sê: Niks is soos dit moet wees nie, niks.

9. Die Prediker was ’n wyse mens en hy het ook vir die volk baie dinge geleer. Hy het baie spreuke gemaak en hy het die spreuke getoets en gereedgemaak.

10. Die Prediker het probeer om woorde te gebruik waarvan mense sal hou, en hy het die dinge presies reg neergeskryf, dinge wat altyd waar sal wees.

11. Die dinge wat wyse mense sê, is soos skerp stokke, dit is soos spykers wat hulle diep inslaan. Dit is een Herder wat vir ons die wyse mense gee wat spreuke bymekaarmaak.

12. Ek het al hierdie dinge vir jou gesê, maar ek wil ook nog dít sê: My seun, jy moet versigtig wees, ’n mens maak nooit klaar wanneer jy baie boeke wil skryf nie, en as jy baie hard werk om die boeke te skryf, dan sal jy baie moeg word.

13. Wanneer jy klaar na alles geluister het, dan moet jy dít onthou: Jy moet vir God respekteer en jy moet Hom dien. Jy moet doen wat Hy sê, want Hy sê dit vir elke mens.

Lees volledige hoofstuk Prediker 12