Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:19-22 Bybel vir Almal (ABA)

19. en Ek het die Leviete weggeneem van die Israeliete. Ek het hulle vir Aäron en sy seuns gegee om te werk in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Ek het die Leviete gegee om versoening te doen vir die Israeliete, want as die Israeliete self te naby aan die tempel-tent kom, dan sal hulle sterf.”

20. Moses en Aäron en die hele volksvergadering van die Israeliete het toe met die Leviete alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.

21. Die Leviete het hulleself gereinig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle heen en weer laat beweeg om ’n beweeg-offer vir die Here te wees. Aäron het vir die Leviete versoening gedoen om hulle te reinig.

22. Daarna het die Leviete gekom om vir Aäron en sy seuns te werk in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het met die Leviete gedoen wat die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 8