Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. “Op die eerste dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie op daardie dag die werk doen wat julle altyd doen nie.

2. Julle moet vir die Here ’n brand-offer bring wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: ’n bul, ’n skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees.

3. Julle moet dit gee saam met die koring-offer wat by elke brand-offer moet wees. Die koring-offer moet van die beste meel wees wat julle moet meng met olyf-olie. Die koring-offer is: drie tiendes van ’n efa meel vir die bul, twee tiendes van ’n efa meel vir die skaap-ram

4. en een tiende van ’n efa meel vir elke lam.

5. Julle moet ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees wat versoening kan doen vir julle.

6. Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offer op die Nuwemaan-fees en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. Dit is ook saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring, en saam met die drank-offers wat by al die offers moet wees. Julle moet dit doen soos die Here vir julle gesê het. Die offers ruik lekker vir die Here, dit is ’n vuur-offer vir Hom.”

7. Die Here het vir Moses gesê: “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself aan die Here wy. Julle mag dan nie eet nie en julle mag nie julle werk doen wat julle altyd doen nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29