Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:22-26 Bybel vir Almal (ABA)

22. “Ons wil deur jou land gaan. Ons sal nie wegdraai na die koringlande of die wingerde nie en ons sal nie water drink uit die putte nie. Ons sal op die Koningspad bly, totdat ons deur jou land is.”

23. Maar Sihon wou nie hê dat die Israeliete deur sy land moet gaan nie. Hy het al sy manne bymekaargeroep en hulle het gegaan om die Israeliete in die woestyn te ontmoet. Toe hy by die stad Jahas kom, het hy oorlog begin maak teen die Israeliete.

24. Maar die Israeliete het hard geveg en hulle het hom oorwin. Hulle het sy land gevat van die Arnon-rivier tot by die Jabbok-rivier en tot teen die land van die Ammoniete, want die Ammoniete op die grens was baie sterk.

25. Die Israeliete het al daardie stede gevat en hulle het in die Amoriete se stede gaan woon, in Gesbon en al die dorpe daar naby.

26. Gesbon was die stad van Sihon, koning van die Amoriete. Hy het oorlog gemaak teen die eerste koning van Moab en hy het sy hele land gevat, tot by die Arnon-rivier.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21