Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:31-38 Bybel vir Almal (ABA)

31. Maar U is goed vir mense wat swaarkry, U het hulle nie almal laat sterf nie. U het hulle nie gelos nie, want U is ’n God wat genadig is en wat goed is vir mense wat swaarkry.

32. “En nou, ons God, almal is bang vir U, U wat die groot en sterk God is. U hou aan om te doen wat U in u verbond belowe het. U moet kyk hoe swaar ons gekry het. Ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk het swaargekry, van die tyd van die konings van Assirië af tot vandag toe.

33. Maar U het reg gedoen toe U dit alles laat gebeur het. U het dieselfde gebly, en ons het verkeerde dinge gedoen.

34. Ons konings, ons amptenare, ons priesters en ons voorvaders het nie gedoen wat U wil hê nie. U het gesê wat hulle moet doen en U het hulle gewaarsku, maar hulle het dit nie gedoen nie.

35. Hulle het ’n eie koning gehad, en hulle het baie goeie dinge van U gekry in die groot en vrugbare land wat U vir hulle gegee het, maar hulle het nie vir U gedien nie en hulle het nie opgehou om verkeerde dinge te doen nie.

36. Hier is ons vandag slawe, ons is slawe in die land wat U vir ons voorvaders gegee het. U het die land vir hulle gegee sodat hulle kon eet en die goeie dinge van die land kon geniet.

37. Ons het sonde gedoen, daarom laat U konings oor ons regeer, hulle doen wat hulle wil met ons en ons diere. Dit gaan baie sleg met ons.”

38. Al hierdie dinge het met ons gebeur. Daarom maak ons ’n ooreenkoms. Ons wil doen wat ons belowe en ons skryf dit neer. Ons sit seëls op die ooreenkoms en ons skryf die name van ons amptenare, ons Leviete en ons priesters daarop.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9