Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nadat ons die muur klaar gebou het en die deure van die poorte ingesit het, het ons poortwagte en mense wat moet sing en Leviete gekies en aangestel.

2. Ek het my broer Ganani aangestel om oor Jerusalem te regeer saam met Gananja. Gananja was die hoof van die gebou by die tempel, die gebou wat sterk mure gehad het. Gananja het altyd gedoen wat hy belowe het en hy het God gerespekteer, meer as baie ander mense.

3. Ek het vir hulle gesê: “Julle moenie die deure van die poorte van Jerusalem oopmaak voordat die son warm is nie, en julle moet die deure toemaak met die sluitbalke voordat die mense gaan slaap. Julle moet ook wagte kies en aanstel uit die mense van Jerusalem. Elkeen moet ’n beurt kry om wag te staan en elkeen moet wagstaan voor sy huis.”

4. Die stad was groot en wyd, maar daar was min huise en min mense.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7