Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die Senaä-familie het die Vis-poort gebou. Hulle het die balke op die mure gesit en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en die sluitbalke.

4. Meremot seun van Urija seun van Kos het die volgende stuk van die muur reggemaak, Mesullam seun van Berekja seun van Mesesabel het die volgende stuk reggemaak, en Sadok seun van Baäna die volgende stuk.

5. Die Tekoa-mense het die volgende stuk van die muur reggemaak, maar hulle belangrike mense wou nie hard werk vir hulle Here nie.

6. Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort reggemaak. Hulle het die balke op die mure gesit en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke.

7. Melatja van die stad Gibeon, en Jadon van die stad Meronot, en die manne van die stede Gibea en Mispa het die volgende stuk van die muur reggemaak, tot by die huis van die goewerneur van die provinsie Wes-Eufraat.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3