Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:33-36 Bybel vir Almal (ABA)

33. Hierdie geld is om te betaal vir die offer-brood, die koring-offer en die brand-offer elke dag, vir die offers op die Sabbatdag, die Nuwemaan-feeste en die ander feeste, en vir die gewyde presente en die sonde-offers. Die priesters moet daarmee versoening doen vir die volk. Hulle sal al die ander werk in die tempel van ons God ook met daardie geld betaal.

34. “Ons priesters, ons Leviete en die ander mense het lootjies getrek om te sien watter familie elke jaar op die regte tyd die hout moet bring om op die altaar van ons God die Here aan die brand te steek. Hulle moet dit doen soos die wette sê.

35. “Ons sal elke jaar die eerste koring en gars wat ons afsny, na die tempel bring, en ook die eerste vrugte wat ons pluk.

36. “Ons sal ons oudste seuns en die eerste kalwers en lammers van ons diere, van ons beeste, ons skape en ons bokke, na die priesters toe bring wat in die tempel werk. Ons sal dit doen soos die wette sê.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10