Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Daar het iemand uit Nineve gekomwat slegte planneteen die Here gemaak het.Hy wou hê dit moet sleg gaanmet die Israeliete.

12. Die Here sê:“Daar is nou baie soldatein Nineve,en hulle is sterk.Maar hulle sal almalin oorlog sterf.My volk, Ek het julle laat swaarkry,maar Ek sal julle nie weerlaat swaarkry nie.

13. Ek sal julle nou vrymaak.Nineve sal nie meer regeeroor julle nie.”

14. Nineve, die Here het gesêdie vyande moet jou verwoes,niemand sal jou naamweer noem nie.Die Here sê:“Ek sal die beelde stukkend breek watin jou afgod se tempel is.Ek grawe vir jou ’n graf,want jy beteken niks.

15. Kyk, daar oor die bergekom iemandwat ’n boodskap bring.Hy bring goeie nuus,hy sê daar sal vrede wees.Hy sê: ‘Mense van Juda,julle moet julle feeste vier.Julle moet vir die Here geewat julle belowe het.Die slegte mensewat julle verdruk het,sal nie weer in julle land kom nie.Hulle is dood.’ ”

Lees volledige hoofstuk Nahum 1