hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Nahum gewys wat Hy met die stad Nineve wil doen. Nahum het van die stad Elkos gekom. Die Here het gesê Hy sal Nineve straf.

Wanneer die Here kom

2. Die Here is ’n Godwat baie kwaad worden wat sy vyande straf.Hy straf die mense wat teen Hom is,Hy bly kwaad vir sy vyande.

3. Die Here is geduldigen baie sterk,maar as iemand skuldig is,dan sal die Here hom straf.Wanneer die Here kom,dan is daar ’n sterk winden ’n storm.Die wolke is soos stofonder sy voete.

4. Wanneer Hy met die see raas,dan word die see droog.Hy laat al die riviere droog word.Die plante in Basanen op Karmel-berg word droog.Al die blomme op die Libanon-bergverlep en gaan dood.

5. Die berge skud voor die Here,die heuwels smelt,die wêreld en almalwat op die wêreld woon,skrik wanneer die Here kom.

6. Wie kan voor God staanwanneer Hy kwaad is?Niemand nie.Wanneer God kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Die rotse breek stukkendvoor Hom.

Ek sal julle nou vrymaak

7. Die Here is goed.Hy help mense wanneer dit sleg gaan met hulleen Hy is bekommerd oor almalwat vra dat Hy hulle moet beskerm.

8. Maar die Here sal die mense van Nineve straf.Dit sal lyk soos wanneer’n sterk stroom waterhulle wegspoel.Hy sal sy vyande jaagtot in donker plekke.

9. Die Here sal die planne stopwat julle teen Hom maak.Sy vyande sal nie weer kom nie.

10. Hulle is soos doringswat inmekaar steek,hulle is dronk van die wynwat hulle drink,maar hulle sal brand soos kaf.

11. Daar het iemand uit Nineve gekomwat slegte planneteen die Here gemaak het.Hy wou hê dit moet sleg gaanmet die Israeliete.

12. Die Here sê:“Daar is nou baie soldatein Nineve,en hulle is sterk.Maar hulle sal almalin oorlog sterf.My volk, Ek het julle laat swaarkry,maar Ek sal julle nie weerlaat swaarkry nie.

13. Ek sal julle nou vrymaak.Nineve sal nie meer regeeroor julle nie.”

Daar sal vrede wees

14. Nineve, die Here het gesêdie vyande moet jou verwoes,niemand sal jou naamweer noem nie.Die Here sê:“Ek sal die beelde stukkend breek watin jou afgod se tempel is.Ek grawe vir jou ’n graf,want jy beteken niks.

15. Kyk, daar oor die bergekom iemandwat ’n boodskap bring.Hy bring goeie nuus,hy sê daar sal vrede wees.Hy sê: ‘Mense van Juda,julle moet julle feeste vier.Julle moet vir die Here geewat julle belowe het.Die slegte mensewat julle verdruk het,sal nie weer in julle land kom nie.Hulle is dood.’ ”