Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 9:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. Aäron se seuns het die bloed vir hom gebring. Hy het sy vinger in die bloed gesteek en hy het bloed aan die horings van die altaar gesmeer. Hy het die bloed wat oorgebly het, onder teen die altaar uitgegooi.

10. Hy het die vet en die niere en die punt van die lewer van die kalf op die altaar verbrand, soos die Here vir Moses gesê het.

11. Hy het die vleis en die vel van die kalf buite die kamp verbrand.

12. Daarna het Aäron die skaap-ram geslag wat ’n brand-offer moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed rondom teen die altaar gespat.

13. Sy seuns het vir hom die stukke vleis en die kop van die ram gebring, en hy het dit op die altaar verbrand.

14. Hy het die binnegoed en die pote afgewas en hy het dit saam met die vleis en die kop op die altaar verbrand.

15. Daarna het Aäron die offer van die volk ge-offer. Hy het die bok-ram geneem wat die sonde-offer van die volk moes wees en hy het dit geslag en ge-offer soos hy sy eie offer ge-offer het.

16. Toe het hy die brand-offer gebring en hy het daarmee gedoen wat hy moes doen.

17. Hy het die koring-offer gebring. Hy het ’n handvol daarvan geneem en hy het dit op die altaar verbrand. Hy het ook die oggend-offer gebring.

18. Daarna het hy die bul en die skaap-ram geslag wat die ete-offers van die volk moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed teen die altaar gespat, oral rondom die altaar.

19. Hulle het die vet van die bul en die ram gebring, en ook die vetstert, die netvet, die niere en die punt van die lewer.

20. Hulle het dit neergesit op die bors-stukke. Daarna het Aäron die vet verbrand op die altaar.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 9