Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hy het sonde gedoen en hy is skuldig, hy moet die goed teruggee wat hy gevat het of wat iemand by hom gebêre het, hy moet die goed teruggee wat weggeraak het en wat hy gekry het,

5. hy moet alles teruggee waaroor hy gelieg het en gesê het die Here is die getuie. Wanneer mense sê dat hy dit gedoen het, en hy is skuldig, dan moet hy alles teruggee en hy moet ook nog een vyfde daarby sit.

6. Hy moet ook vir die Here ’n skuld-offer gee. Hy moet ’n gesonde skaap-ram vir die priester bring om ’n skuld-offer te wees. Die priester moet sê hoe groot die ram moet wees.

7. Die priester moet dan vir hom versoening doen, en die Here sal hom alles vergewe wat hy verkeerd gedoen het.”

8. Die Here het vir Moses gesê:

9. “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê wat hulle met die brand-offer moet doen. Die brand-offer moet die hele nag deur op die vuurmaakplek op die altaar bly tot die volgende oggend. Die vuur moet aanhou brand.

10. Die volgende oggend moet die priester sy linne-klere en sy linne-broek aantrek. Hy moet die vet optel wat oorgebly het toe die brand-offer op die altaar gebrand het, en hy moet die vet langs die altaar sit.

11. Dan moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek en hy moet die vet na ’n rein plek buite die kamp bring.

12. Die vuur op die altaar moet aanhou brand, dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout op die vuur sit. Hy moet die brand-offer op die vuur sit en hy moet die vet van die ete-offer in die vuur verbrand.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6