Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 2:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand vir My ’n koring-offer wil gee, dan moet hy vir die Here van die beste meel gee. Hy moet olyf-olie oor die meel gooi en hy moet wierook bo-op sit.

2. Dan moet hy dit bring na die priesters van die nageslag van Aäron. Die priester moet ’n handvol meel neem saam met party van die olyf-olie en al die wierook. Dit is die deel wat die Here moet kry, en die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.

3. Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is die hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.

4. “Wanneer die persoon ’n koring-offer wil gee wat hy in ’n oond gebak het, dan moet hy die beste meel gebruik. Dit moet ongesuurde rondebrood wees wat hy met olyf-olie geknie het, of ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het.

5. “Wanneer jy ’n koring-offer wil gee wat jy op ’n bakplaat gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik wat jy met olyf-olie geknie het, en daar moenie suurdeeg by wees nie.

6. Jy moet die brood in stukke breek en olyf-olie daaroor gooi. Dit is ’n koring-offer.

7. “Wanneer jy ’n koring-offer wil gee wat jy in ’n bakpan gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik en jy moet dit meng met olie.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 2