Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:7-10 Bybel vir Almal (ABA)

7. Jerusalem is soos ’n weduweewat dink hoe slegdit met haar gaan.Sy dink daaraan dat sy nie meer’n woonplek het nie,en sy onthou al die mooi goedwat sy gehad het.En dan dink sy hoe die vyandehaar mense oorwin het,en dat daar niemand waswat gehelp het nie.Ander vyande het gestaan en kyk,hulle het gelag toe die stad verwoes is.

8. Die mense van Jerusalem het sonde gedoen,baie sonde.Dit is hoekom die stad geword hetsoos ’n vuil, kaal vrou.Mense het haar voorheen gerespekteer,maar hulle spot en verneder haar nou,want hulle sien sy is kaal.En wat doen sy?Sy sug en draai weg.

9. Haar klere het onrein geword,sy het nie gedink aan wat met haar kan gebeur nie.Niemand het geglo dat dit so sleg met haar sal gaan nie.Niemand het haar gehelp nie.Jerusalem het geskree:“Here, kyk hoe sleg gaan dit met my,want die vyande doen wat hulle wil.

10. Hulle het al my mooi goed vir hulleself gevat.Ek het gesien heidene kom in die tempel.Maar, Here, U het gesê heidene mag niein u gemeente kom nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1