Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Josua baie oud was, het die Here vir hom gesê: “Jy is baie oud, en julle het ’n groot deel van die land nog nie oorwin en vir julleself gevat nie.

2. Die deel van die land wat oorbly, is al die grond van die Filistyne en die Gesur-mense.

3. Dit is ’n deel van die land Kanaän, en dit is die grond van die Sigor-rivier naby Egipte tot by die stad Ekron in die noorde. Die grond van die vyf leiers van die Filistyne wat regeer oor die stede Asdod, Askelon, Gat, Ekron en Gasa is ’n deel van die land.

4. Daar is ook nog die hele land van die Kanaäniete wat begin by die stede Teman en Meara en wat aan die mense van die stad Sidon behoort. Dit is die grond tot by die stad Afek, die grond van die Amoriete begin daar.

5. Daar is ook die land van die mense van die stad Gebal en die oostelike deel van die Libanon-berge, van die stad Baäl-Gad suid van Hermon-berg tot by die stad Lebo-Hamat.

6. Die Sidon-mense woon in die Libanon-berge tot by die stad Misrefot-Majim. Ek sal hulle almal ook wegjaag om plek te maak vir die Israeliete. Maar jy moet lootjies trek om die land vir die Israeliete te gee, jy moet doen soos Ek vir jou gesê het.

7. Jy moet nou begin en jy moet hierdie land verdeel sodat elke stam van die nege stamme en die halwe Manasse-stam sy eie grond sal kry.”

8. Die stamme Ruben en Gad het saam met die halwe Manasse-stam hulle grond gekry wat Moses oos van die Jordaan-rivier vir hulle gegee het. Hulle het dit gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.

9. Dit is die land van die stad Aroër langs die Arnon-vallei, en die stad wat binne-in die Arnon-vallei is, en die hele Hoëveld van die stad Medeba tot by die stad Dibon,

Lees volledige hoofstuk Josua 13