Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Julle moet vir die volke skreeen sê:“Julle moet gereedmaaken julle moet gaan oorlog maak.Roep die soldate,al die soldate moet komen hulle moet gaan oorlog maak.

10. Julle moet swaardeen spiese maakvan die skerp ysterswaarmee julle ploegen bome se takke afsny.’n Man wat nie sterk is nie,moet ook sê:‘Ek is ’n soldaat!’

11. Die volke wat daar naby woon,moet gou maak en bymekaarkom,en die Here moet sy soldate bring.

12. Die volke moetna die Josafat-vallei kom,want daar sal Ek die regter wees.Ek sal die volke straf wat naby woon.

13. Dit is nou die tyd om hulle te straf.Die volke is soos koring wat ryp is.Bring die sekelen sny hulle af!Trap die druiwe,want die parskuip is vol,dit loop oor.Daar is baie slegte mensevir wie Ek sal straf!

14. Daar sal baie mense wees,baie mense, op daardie plekwaar die Here die mensesal oordeel.Die dag van die Here is naby,die dag wanneer Hydie mense sal oordeel.

15. Die son en die maansal donker word,die sterre sal nie meer skyn nie.

16. Die Here sal hard praatuit Jerusalem,so hard soos ’n leeu wat brul.Die hemel en die aarde sal bewe,maar die Heresal sy volk beskerm.Die Israeliete sal veilig weesby Hom.

17. Dan sal julle weet dat Ek,die Here, op Sionsberg woon.Ek is julle God die Here,en Sion is my gewyde berg.Jerusalem sal ’n gewyde stad wees.Vyande sal nooit weerdeur die stad gaan nie.”

18. “In daardie tyd sal dit goed gaan,daar sal baie wyn en melk wees,dit sal teen die bergeen die heuwels afloop.Daar sal water weesin al die klein riviere in Juda,en daar sal water komuit ’n fontein wat in die tempel van die Here is.Die water sal die Sittim-valleinatmaak.

Lees volledige hoofstuk Joël 3