Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:12-25 Bybel vir Almal (ABA)

12. Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vir die Here ’n teken vra nie, ek wil Hom nie toets nie.”

13. Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.

14. Daarom sal die Here self vir julle ’n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag ’n baba. Sy sal ’n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.

15. Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is.

16. “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.

17. Agas, die Here sal julle laat swaarkry, jy en jou volk en jou familie. Daar sal dinge met julle gebeur wat nog nooit gebeur het nie, vandat die land Efraim en die land Juda nie meer een land is nie. Dit sal gebeur wanneer die koning van Assirië kom.

18. “Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat ver langs die riviere in Egipte is en vir die bye wat in die land Assirië is.

19. Hulle sal almal kom en gaan sit in die berge en in die grotte in die berge en op al die doringbosse en by al die plekke waar daar water is.

20. “Daardie dag sal die Here ’n skeermes anderkant die Eufraat-rivier huur, en Hy sal al julle hare afskeer: die hare op julle kop en op julle lyf, en ook julle baard. Die skeermes is die koning van Assirië.

21. “Daardie dag sal iemand net vir ’n jong koei en net vir twee skape of bokke kos gee,

22. maar hulle sal baie melk gee, so baie dat die man dikmelk sal hê om te eet. Ja, almal wat aanhou lewe in die land, sal dikmelk en heuning eet.

23. “Daardie dag sal elke plek wat vol wingerdstokke was en wat baie geld gekos het, vol dorings en bossies wees.

24. ’n Mens sal daarnatoe kan skiet met ’n pyl en boog, maar hy sal nie self daar kan ingaan nie, want die hele land sal vol dorings en bossies wees.

25. Al die berge sal vol dorings en bossies wees, die berge waar die mense voorheen geplant en gesaai het. Die mense sal bang wees om daar te kom. Dit sal ’n plek wees waar die mense hulle beeste injaag en waar die skape en bokke alles plat trap.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7