Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. Dit sal met hulle gaansoos met ou klere en wolwanneer motte dit vreet.Maar Ek sal altyd reg doen,en Ek sal mense red,die mense van elke geslag.”

9. Here, U moet wakker word,U moet wakker word.U moet weer sterk wees.U moet wakker word soos in die tydtoe alles begin het,lank, lank gelede.Dit is U wat vir Rahab stukkend gekap het,dit is U wat vir Tannin doodgesteek het.

10. Dit is U wat die see droog gemaak het,die water van die groot see.Dit is U wat deur die diep see’n pad gemaak hetsodat die Israeliete daar kon deurgaantoe U hulle vrygemaak het.

11. So sal die Israeliete nou terugkomwanneer U hulle vrymaak.Hulle sal juig en aanhou om bly te weeswanneer hulle in Sion kom.Hulle sal vrolik wees en lag,hulle sal nie meer bekommerd weesen nie meer sug nie.

12. Die Here sê:“Dit is Ek wat dit weergoed sal laat gaan met julle.Hoekom is julle bang vir mensewat kan sterf?Hoekom is julle bang vir mensewat soos gras is en gou doodgaan?

13. Julle het My vergeet,Ek is die Here wat julle gemaak het.Ek het die hemeldak gemaaken Ek het die aarde op sy plek gesit.Nou hou julle aan om te bewevir die mense wat kwaad is vir julle,die mense wat vir julle verdruk en wat vir julle wil doodmaak.Maar waar is daardie mense nou,die mense wat kwaad was en wat vir julle verdruk het?Hulle verdruk julle nie meer nie.

14. Wanneer iemand ’n gevangene is,dan is hy haastig om vry te word.Hy wil nie sterf en afgaan na die doderyk nie,hy wil nie altyd honger wees nie.

15. Ek is julle God die Here wat die water in die see roersodat die branders wild word.My Naam is die Here wat oor alles regeer.

16. Ek het my woorde in jou mond gesiten Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand.Ek het die hemeldak gemaaken Ek het die aarde op sy plek gesit.Ek het vir die mense van Sion gesê:Julle is my volk.”

17. Jerusalem, jy moet wakker word,jy moet wakker word en opstaan.Die Here was kwaad vir jou.Hy het jou laat drink uit die beker,die beker van swaarkrywat jou dronk gemaak het.Jy moes die beker leegdrink.

18. Die Here sê:“Jerusalem, jy was soos ’n vrouwat baie kinders gekry het,maar nie een kind het laterhaar hand geneem en haar gelei nie.

19. Twee dinge het met jou gebeur,en niemand was jammer vir jou nie.Die vyande het jou seergemaaken stukkend geslaan.Die vyande het jou mense laat honger worden het hulle doodgemaak.Wat moet Ek doen sodat dit weergoed kan gaan met jou?

20. Jou seuns het flou geval.Hulle het gelê waar die strateteen die stad se mure kom,soos wildsbokke wat in ’n vangnet gevang is.Dit het gebeur omdat die Here kwaad was,omdat jou God jou wou laat swaarkry.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51