Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:16-28 Bybel vir Almal (ABA)

16. Hy maak vuur met party van die hout,en dan braai hy vleis en eettotdat hy genoeg geëet het.Hy maak hom warm en hy sê:‘Ek het lekker warm geword,die vuur het lig gemaak,en ek kon sien.’

17. Van die hout wat oorbly, maak hy ’n god.Hy buig voor die beeld en hy bid tot die beelden sê: ‘Red my, want jy is my god.’

18. Mense wat dit doen, is baie dom.Hulle oë is toe en hulle weet niewat hulle doen nie.

19. Hulle is baie dom,hulle het nie gedink dat hullevuur gemaak het met party van die houten brood gebak het op die koleen vleis gebraai en geëet het,en dat hulle ’n afgod gemaak hetvan die hout wat oorgebly het,en dat hulle nou buig voor ’n droë stuk hout nie.

20. Iemand wat dit doen, kul homself,hy kan homself nie red nie.Hy besef niedat die god wat hy van hout gemaak het,kan verbrand nie, dit beteken niks.

21. Nageslag van Jakob, Israeliete,julle moet hieraan dink, want julle is my dienaars.Ek het julle gemaak,julle is my dienaars,Ek sal julle nie vergeet nie.

22. Julle was opstandig, julle het baie sonde gedoen,maar Ek het dit alles laat verdwyn soos ’n miswolk.Kom terug na My toe,want Ek het julle vrygemaak.

23. Die hemel moet juig,want die Here het dit gedoen.Diep plekke onder die aarde, julle moet skree,berge en bosse en elke boom in die bos,julle moet vrolik wees en juig,want die Here het die nageslag van Jakob vrygemaak,Hy het vir die Israeliete gewys dat Hy die Koning is.”

24. Dit is die Here wat praat.Hy het julle vrygemaak,Hy het vir julle liggame gegeevoordat julle gebore is.Hy sê: “Ek is die Here,Ek het alles gemaak,Ek alleen het die hemeldak gemaak,Ek het dit styfgetrek soos ’n tent.Niemand was by Mytoe Ek die aarde gemaak het nie.

25. Ek wys vir die mense dat hulle niks weet nie,die mense wat sê wat sal gebeur.Almal sal lag vir die mensewat dink hulle weetwat ander mense nie kan weet nie.

26. Ek sê my dienaar het die waarheid gepraat,en alles sal gebeur wat my boodskappers gesê het.Ek sê vir Jerusalem:Daar sal weer mense in jou woon,en Ek sê vir die stede van Juda:Mense sal julle weer bou.Jerusalem is nou net ’n hoop klippe,maar Ek self sal Jerusalem weer bou.

27. Ek sê vir die diep see en die riviere:Julle moet droog word.

28. En Ek sê vir Koreshy moet my skape, my volk, oppas.Hy sal doen wat Ek wil hê hy moet doen.Hy sal vir Jerusalem sê:Die mense moet jou weer bou,en hy sal vir die tempel sê:Hulle moet jou fondamente weer bou.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44