Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar, Israeliete, nageslag van Jakob,nou sê die Here,Hy wat julle gemaak het:“Julle moenie bang wees nie,want Ek maak julle vry.Ek het julle geroep,Ek het julle name genoem,julle is Myne.

2. Wanneer julle deur water moet gaan,dan is Ek by julle,riviere sal nie oor julle vloei nie.Wanneer julle deur vuur moet gaan,dan sal die vlamme julle nie brand nie.

3. Ja, Ek is julle God die Here,Ek is die Heilige God van Israelwat julle red.Ek gee die mense van die lande Egipte, Kus en Seba in julle pleksodat julle vry kan word.

4. Ek gee ander volke in julle plek,want julle is baie belangrik vir My,en Ek is lief vir julle.

5. Julle moenie bang wees nie,want Ek is by julle,Ek sal julle en julle kindersbymekaarmaaken Ek sal julle bringuit die ooste en uit die weste.

6. Ek sal vir die mense in die noorde sê:Julle moet my volk teruggee!En Ek sal vir die mense in die suide sê:Julle moenie my volk vashou nie!Bring my seuns en my dogters van ver,van oral op die aarde.

7. Bring elkeen wat Ek geroep hetsodat hy aan My sal behoort,bring elkeen wat Ek gemaak hetsodat hy My sal eer.”

8. Die Here sê:“Julle moet my volk hiernatoe laat kom,die volk wat oë en ore het,maar wat nie wil sien nie en nie wil hoor nie.

9. Al die volke moet hier bymekaarkom.Is daar een god by hulle wat kon sêwat sal gebeurof wat lank gelede gebeur het?As daar so ’n god is, dan moet hy praaten hy moet bewys dat hy ’n god is.Almal moet dit hoor en sê:‘Hy praat die waarheid.’

10. My volk, julle is die mensewat weet wie Ek is,julle is my dienaars,Ek het julle gekies.Ek het dit gedoensodat julle sal weet wie Ek is en My sal gloen sal verstaan.Daar was nie ’n ander godvóór My nie,en daar sal nie ’n ander godná My wees nie.

11. Ek, Ék is die Here.Daar is nie ’n ander godwat julle kan red nie.

12. Dit is Ek wat met julle gepraat heten wat julle gered het.Daar was nie ’n ander god by julle nie.Julle weet Ek is God.Dit sê die Here.

13. Ook hierna sal Ek nog altyd God wees.Niemand kan julle wegvat van My nie.Niemand kan My keerwanneer Ek iets wil doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43