Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:14-24 Bybel vir Almal (ABA)

14. Die Here sê: “Ek het lank stilgebly,Ek het nie gepraat nie.Maar nou skree Ek hard,Ek haal vinnig asem,soos ’n vrou wat ’n baba kry.

15. Ek laat al die groen plante droog wordop die berge en heuwels,Ek laat die riviere en die riet-moerasse droog word.

16. Ek laat blinde mense loopop ’n pad wat hulle nie geken het nie,Ek lei hulle na plekke waarvan hulle niegeweet het nie.Ek verander die donker voor hulle,Ek maak dit lig,Ek maak die pad vir hulle gelyk.Dit is die dinge wat Ek doen,Ek sal aanhou om dit te doen.

17. Die mense wat dink dat beelde hulle kan help,en wat vir die beelde sê: ‘Julle is ons gode,’daardie mense sal teleurgesteld wees,hulle sal nie weet wat om te doen nie.”

18. “Julle wat nie wil hoor nie, julle moet luister,julle wat nie wil sien nie, julle moet kyk en sien.

19. My dienaars, my boodskapperwat Ek stuur, is blind en doof,niemand is so blind en so doof soos hulle nie.Niemand is so blind soos die volk wat Ek gestraf het nie,niemand is so blind soos die dienaars van die Here nie.

20. Hulle het baie gesien en gehoor,maar hulle het gemaak of hulle niks sien of hoor nie.

21. Die Here wou hê hulle moet doen wat Hy wil hê.Daarom is sy wette belangrik, Hy het dit vir hulle verduidelik.

22. Maar hulle het ’n volk geword wat uit hulle land moes gaan,die vyande het hulle toegesluit in gate en tronke.Die vyande het hulle weggevat, en niemand het dit gekeer nie,niemand het gesê dat die vyande hulle moet teruggee nie.

23. Is daar iemand wat luister?Hoor iemand wat Ek nou sê?

24. Wie het gesê die vyande kan ons, die Israeliete, wegvat?Ons is die nageslag van Jakob.Dit is die Here wat dit gesê het.Ons het sonde gedoen teen Hom,ons het nie gelewe soos Hy wil hê nie,ons het nie gedoen wat Hy vir ons geleer het nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42