Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29:12-18 Bybel vir Almal (ABA)

12. Of jy gee die boek vir iemandwat nie kan lees nie,en jy sê vir hom:“Lees asseblief,”en hy sê: “Ek kan nie lees nie.”

13. Die Here het gesê:“Hierdie volk kom dien Mymet hulle mond, met hulle woorde.Hulle eer My met die woordewat hulle sê,maar hulle hart is ver van My.Daarom probeer hulle My dienmet wette wat mense gemaak het,dit is nie Ek wat daardie wette gemaak het nie.

14. Dit is hoekom Ek noumet hierdie volk iets sal doenwat hulle sal skok.Hulle sal nie weet wat gebeur nie.Die slim mense wat dinkhulle weet alles,sal nie verstaan nie.”

15. Dit sal sleg gaan met mensewat dink hulle kan hulle plannewegsteek sodat die Here dit nie uitvind nie.Dit sal sleg gaan met mensewat dinge in die donker doenen wat dink die Here sien hulle nie,hulle dink die Here weet nie wat hulle doen nie.

16. Julle dink verkeerd!Julle dink die pottebakker is die klei.Die kleipot kan nie vir die pottebakker sê:“Jy het my nie gemaak nie,en jy verstaan my nie.”

17. Dit sal nie lank wees nie,dan sal alles verander:Die bome in die Libanon-bossal vrugtebome worden op die Karmel-bergsal ’n bos bome groei.

18. Daar is mense wat nou doof is,maar daardie dag sal hulle die woorde hoorwat geskryf is in die boekwat verseël was,en die blindes sal kan sien,hulle sal nie meerin die donker wees nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 29