Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 26:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. Here, ons God,ander konings het oor ons regeer,maar ons wil net ú Naam onthou.

14. Die ander konings is dooden hulle sal nie weer lewe nie.U het hulle gestrafen U het hulle laat sterf,en niemand dink nou nogaan hulle nie.

15. Here, U het u volk baie laat word,U het hulle baie laat word,U het hulle land groter gemaak,U het gewys U is die Koning.

16. Here, U het u volk gestraf,en toe hulle swaarkry,het hulle na U toe gekom,hulle het gebid en gevraU moet hulle help.

17. Ons was soos ’n vrouwat ’n baba kry,dit was seer,ons het baie pyn gehad.Ons het gebid en gevraU moet ons kom help.

18. Ons liggaam het krom gebuigsoos ’n vrou wat ’n baba kry,maar daar het nie ’n babauit ons gekom nie,daar het niks uitgekom nie.Daar het nie ’n redderuit ons gekom nie,en ook nie mensewat op die aarde kan woon nie.

19. Maar die mensewat aan U behoort en wat gesterf het,sal weer lewe.Ja, julle wat nou dood is,wat in die stof van die aarde lê,julle wat daar in die doderyk is,julle moet wakker word en juig,want soos die dou uit die lugdie plante laat groei,so sal die aardedie mense wat gesterf het,weer laat lewe.

20. My volk,julle moet in julle kamers ingaanen julle moet die deure agter julle toesluit.Julle moet wegkruiptotdat die Here die ander menseklaar gestraf het.

21. Want die Here kom uit sy woonplek,Hy sal nou die mense op die aarde strafomdat hulle baie sonde gedoen het.Die mense sal moet sêdat hulle ander mense vermoor het,hulle sal nie daaroor kan stilbly nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 26