Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Here het dit laat gebeur,die Here wat oor alles regeer.Die mense in die stadhet heen en weer gehardloop,hulle het nie geweetwaarnatoe hulle kan gaan nie,die vyande het alles plat getrapen hulle het die mure afgebreek.Die mense het gevradat die Here hulle moet help,die Here wat woonin sy tempel op die berg,hier by die valleiwaar die Here vir die profetegewys het wat sal gebeur.

6. Die Elamiete het gekommet pyl en boog,hulle het op oorlogkarre gery,perde het die oorlogkarre getrek.Die mense van die land Kirhet hulle skilde gereedgehouom oorlog te maak.

7. Daar was oorlogkarre en perdein die valleie rondom die land Juda,en hulle het by die poortevan die stede kom staan.

8. Die vyande het Judamaklik aangeval.Daardie dag het die mense in Jerusalem gekykhoeveel wapens in die houthuis is,

9. en hulle het gesien daar isbaie gate in die muur van Jerusalem,die stad van Dawid.

10. Hulle het die huise in Jerusalem getelen hulle het party huise afgebreek.Hulle het die klippe gebruikom die muur van die stad sterk te maak,

11. en hulle het ’n dam gemaaktussen die twee mure van die stad.Die water van die ou damhet in hierdie dam gevloei.Maar hulle het nie vir God gevraom hulle te help nie,God wat dit alles laat gebeur het,Hy wat lank gelede besluit hetdat dit so moet wees.

12. Die Here wat oor alles regeer,wou daardie dag hêdat hulle moet huil en treur,dat hulle almal hulle hare en baarde moet afskeeren rouklere moet aantrek.

13. Maar hulle was vrolik en bly,hulle het beeste en skape geslag,hulle het vleis geëet en wyn gedrink.Hulle het gesê:“Kom ons eet en drink,want môre sterf ons.”

14. Die Here wat oor alles regeer,het vir my gesê:“Ek sal hierdie sonde nie vergewe nie,so lank soos hulle lewe.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22