Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:13-24 Bybel vir Almal (ABA)

13. Maar hulle was vrolik en bly,hulle het beeste en skape geslag,hulle het vleis geëet en wyn gedrink.Hulle het gesê:“Kom ons eet en drink,want môre sterf ons.”

14. Die Here wat oor alles regeer,het vir my gesê:“Ek sal hierdie sonde nie vergewe nie,so lank soos hulle lewe.”

15. Die Here, die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Jy moet na Sebna toe gaan. Hy is die belangrike amptenaar wat moet kyk dat alles in die paleis van die koning goed gaan. Jy moet vir hom sê:

16. ‘Wat doen jy hier? Nie een van jou mense het hier ’n graf nie, maar jy kap vir jouself ’n graf hier hoog in die rots. Jy verbeel jou jy is belangrik,

17-18. maar almal in die paleis van jou koning is skaam oor wat jy doen. Die Here sal jou nou weggooi, ver weg. Hy sal jou gryp en Hy sal jou rol totdat jy ’n ronde bol is. Dan sal Hy jou rol tot in ’n ver land, en daar sal jy sterf. Jy is trots op jou oorlogkarre, maar die vyande sal hulle verwoes.

19. Die Here sal jou uitskop uit jou werk, Hy sal jou wegjaag.’

20. “Die Here het ook gesê: ‘Daardie dag sal Ek my dienaar Eljakim roep, die seun van Gilkija.

21. Ek sal jou rok vat en Ek sal dit vir hom aantrek en jou nekdoek om hom vasmaak en Ek sal jou werk vir hom gee. Hy sal soos ’n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.

22. Ek sal vir hom die sleutels gee van die paleis van die koning van die nageslag van Dawid. As hy iets oopsluit, dan sal niemand dit kan toesluit nie, en as hy iets toesluit, dan sal niemand dit kan oopsluit nie.

23. Hy sal soos ’n stok wees wat Ek op die regte plek in die muur inslaan, en sy familie sal baie trots wees op hom.

24. Maar sy hele familie sal wil hê dat hy moet sorg vir hulle almal, vir die kinders en vir die grootmense. Dit sal wees soos wanneer jy al die potte en panne ophang aan die stok.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22