Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:10-22 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hulle het die huise in Jerusalem getelen hulle het party huise afgebreek.Hulle het die klippe gebruikom die muur van die stad sterk te maak,

11. en hulle het ’n dam gemaaktussen die twee mure van die stad.Die water van die ou damhet in hierdie dam gevloei.Maar hulle het nie vir God gevraom hulle te help nie,God wat dit alles laat gebeur het,Hy wat lank gelede besluit hetdat dit so moet wees.

12. Die Here wat oor alles regeer,wou daardie dag hêdat hulle moet huil en treur,dat hulle almal hulle hare en baarde moet afskeeren rouklere moet aantrek.

13. Maar hulle was vrolik en bly,hulle het beeste en skape geslag,hulle het vleis geëet en wyn gedrink.Hulle het gesê:“Kom ons eet en drink,want môre sterf ons.”

14. Die Here wat oor alles regeer,het vir my gesê:“Ek sal hierdie sonde nie vergewe nie,so lank soos hulle lewe.”

15. Die Here, die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Jy moet na Sebna toe gaan. Hy is die belangrike amptenaar wat moet kyk dat alles in die paleis van die koning goed gaan. Jy moet vir hom sê:

16. ‘Wat doen jy hier? Nie een van jou mense het hier ’n graf nie, maar jy kap vir jouself ’n graf hier hoog in die rots. Jy verbeel jou jy is belangrik,

17-18. maar almal in die paleis van jou koning is skaam oor wat jy doen. Die Here sal jou nou weggooi, ver weg. Hy sal jou gryp en Hy sal jou rol totdat jy ’n ronde bol is. Dan sal Hy jou rol tot in ’n ver land, en daar sal jy sterf. Jy is trots op jou oorlogkarre, maar die vyande sal hulle verwoes.

19. Die Here sal jou uitskop uit jou werk, Hy sal jou wegjaag.’

20. “Die Here het ook gesê: ‘Daardie dag sal Ek my dienaar Eljakim roep, die seun van Gilkija.

21. Ek sal jou rok vat en Ek sal dit vir hom aantrek en jou nekdoek om hom vasmaak en Ek sal jou werk vir hom gee. Hy sal soos ’n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.

22. Ek sal vir hom die sleutels gee van die paleis van die koning van die nageslag van Dawid. As hy iets oopsluit, dan sal niemand dit kan toesluit nie, en as hy iets toesluit, dan sal niemand dit kan oopsluit nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22