Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê: “In daardie tyd sal mense die bene van die konings van Juda uit hulle grafte uithaal, en ook die bene van die koning se amptenare, en die bene van die priesters en die profete en die mense wat in Jerusalem woon.

2. Die mense sal die bene oral gooi, oral waar die son en die maan en al die sterre skyn. Die son en die maan en die sterre was hulle gode. Hulle was lief vir daardie gode en hulle het die gode gedien. Hulle het vir die gode gevra om hulle te help en hulle het voor die gode gebuig. Niemand sal die bene bymekaarmaak en begrawe nie, die bene sal soos mis op die grond wees.

3. Party van hierdie slegte mense wat Ek na ander plekke gejaag het, lewe nog, maar hulle sal wens hulle is ook dood.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

4. Die Here het gesê: “Jeremia, jy moet vir die mense van Jerusalem sê: Die Here sê: Wanneer mense geval het, dan staan hulle weer op, wanneer hulle van ’n pad afgeloop het, dan draai hulle om en kom weer terug.

5. Hoekom hou hierdie mense van Jerusalem aan om van die regte pad af te loop? Hulle hou aan om afgode te dien wat niks beteken nie, hulle wil nie terugkom na My toe nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 8