Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorra en die ander stede daar naby verwoes het. Niemand sal daar woon nie, nie een mens sal daar wil bly nie.

19. “Dit moet julle weet,soos die diere in ’n weiveld langs ’n waterstroomvlug wanneer ’n leeu uit die bosseby die Jordaan-rivier kom,so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle landen Ek sal iemand kies om oor die land te regeer.Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen?Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe?

20. Daarom moet julle hoor wat die Herebesluit het oor Edom,julle moet hoor wat Hy wil doenmet die mense van die stad Teman.Die vyande sal hulle kinders wegsleep,dit is seker,hulle sal al die mense wegvatuit die woonplek van die Edomiete,dit is seker.

21. Die aarde sal skudwanneer die Edomiete val,die mense by die Riet-seesal hoor hoe skree die Edomiete.

22. Soos ’n arend opvlieg en afkomen sy vlerke oopmaak,so sal die vyande na die stad Bosra kom.“Daardie dag sal die soldate van Edom so bang wees soos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49