Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:5-18 Bybel vir Almal (ABA)

5. Praat met die mense van Juda en Jerusalem,blaas die ramshoring in die land, skree hard en sê:“Kom bymekaar, ons moet gaan na die stede wat sterk mure het.

6. Hou ’n vlag op in die lug, na Sion toe,soek plek om weg te kruip, moenie staan nie,want Ek laat vyande kom uit die noorde,en dit sal baie sleg gaan met julle.

7. Die vyande wat volke doodmaak, kom,hulle kom soos ’n leeu wat uit ’n bos kom,hulle kom om julle land leeg te maak,hulle sal julle stede verwoes, daar sal nie mense woon nie.”

8. Daarom moet julle rouklere aantrek, julle moet huil en treur,want die Here sal kwaad bly vir ons.

9. Die Here het gesê: “Daardie dagsal die koning en die amptenare bang wees,die priesters sal nie weet wat om te doen nie,die profete sal nie weet wat om te sê nie.”

10. Ek, Jeremia, het gesê: “Ag, Here, my Here,U het hierdie volken die mense van Jerusalem bedrieg.U het gesê hulle sal vrede hê,maar die swaarde van die vyandeis al klaar teen ons keel.”

11. Die Here sê: “In daardie tyd sal mense vir hierdie volk en vir die mense van Jerusalem sê: ‘Daar kom ’n warm wind oor die heuwels waar nie plante groei nie, dit kom deur die woestyn op die pad na my volk toe, maar dit is nie ’n wind wat koring op die dorsvloer sal skoonmaak nie.’

12. Die stormwind is die vyande, hulle kom na My toe, en nou sal Ek ook sê hoe Ek my volk sal straf.

13. “Die vyande kom aan soos ’n wolk, hulle oorlogkarre is soos ’n stormwind, hulle perde is vinniger as arende.”Die mense van Jerusalem sê: “Dit gaan sleg met ons, die vyande het ons verwoes.”

14. Die Here sê:“Mense van Jerusalem,julle moet die sonde uit julle harte uitwassodat Ek julle kan red.Hoe lank wil julle aanhou om slegte plannete maak?

15. Want mense skree uit die stad Dan,en uit die Efraim-berge vertel hullevan die vyande wat kom.

16. Julle moet vir die mense in Jerusalem sê:Die vyande is hier,hulle kom uit ’n ver land om oorlog te maakteen die stede van Juda.

17. Hulle is rondom Jerusalem soos mensewat ’n koringland oppas,want die mense van Jerusalemwas opstandig teen My.”Dit het die Here gesê.

18. Hy sê:“Hierdie dinge gebeur met julle,want julle het verkeerd gedoen.Dit sal sleg gaan met julle, baie sleg,dit sal vir julle voel soos wanneer ’n swaarddeur julle hart steek.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4