Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 29:22-32 Bybel vir Almal (ABA)

22. Wanneer die mense van Juda wat nou in Babel is, iemand wil vervloek, dan sal hulle sê: ‘Ons bid dat die Here met jou sal doen wat Hy met Sedekia en Agab gedoen het. Nebukadnesar het hulle in die vuur gebraai.’

23. Dit sal gebeur omdat Sedekia en Agab by die Israeliete iets gedoen het wat Ek haat. Hulle het by ander mans se vroue geslaap en hulle het gesê Ek het hulle gestuur, maar hulle het vals boodskappe gebring. Ek het nie vir hulle gesê om dit te doen nie. Ek weet wat hulle gedoen het, en Ek is ’n getuie teen hulle. Dit sê die Here.”

24. Die Here het vir Jeremia gesê: “Jy moet ook praat met Semaja van die stad Negelam. Jy moet vir hom sê:

25. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jy het briewe gestuur na al die mense in Jerusalem en na die priester Sefanja seun van Maäseja en na al die ander priesters. Niemand het gesê jy moet dit doen nie. Jy het vir Sefanja geskryf en gesê:

26. ‘Die Here het jou gekies om priester te wees in die plek van die priester Jojada. Jy moet kyk dat alles in die tempel goed gaan. Jy moet elke mal mens wat sê hy is ’n profeet, in die blok sit en jy moet hom vasmaak met ’n ysterband om sy nek.

27. Jeremia kom van Anatot en hy is daar by julle ’n profeet. Hoekom het jy nie vir hom ook gestraf nie?

28. Want hy het vir ons in Babel ’n brief geskryf en gesê ons sal lank hier bly en ons moet huise bou en in die huise woon, en ons moet tuinmaak en die vrugte en groente eet.’ ”

29. Die priester Sefanja het die brief vir die profeet Jeremia gelees,

30. en die Here het vir Jeremia gesê:

31. “Jy moet vir al die mense in Babel skryf en sê: Die Here sê: Semaja wat van Negelam kom, het gesê hy is ’n profeet, maar Ek het hom nie gestuur nie. Hy het julle laat glo dat leuens julle kan help.

32. Daarom sal Ek vir Semaja en sy nageslag straf. Nie een van sy kinders sal by hierdie volk bly woon nie. Ek sal dit weer goed laat gaan met my volk, maar hy sal dit nie sien nie.”Dit het gebeur omdat Semaja die mense opstandig wou maak teen die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 29