Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:17-27 Bybel vir Almal (ABA)

17. Hulle hou aan om te sê: ‘Die Here sêdit sal goed gaan met julle.’Hulle sê dit vir die mense wat dinkdat Ek nie belangrik is nie.En hulle sê vir elkeen wat hardkoppig isen wat lewe soos hy self besluit:‘Dit sal nie sleg gaan met jou nie.’ ”

18. Maar wie was daar toe die Here dit besluit het?Wie van hulle het gesien en gehoor wat Hy sê?Wie het geluister na wat Hy sê en dit gedoen?

19. Julle moet dit weet:Die Here sal ’n stormwind stuur,daar sal ’n wind kom wat alles verwoes,en dit sal waai oor die mense wat verkeerd doen.

20. Die Here is kwaad, en Hy sal aanhouom kwaad te wees totdat Hy gedoen hetwat Hy besluit het.Julle sal dit later goed verstaan.

21. Die Here sê:“Ek het nie daardie profetegestuur nie,Ek het nie met hulle gepraat nie,maar hulle kom en hulle sê hulle bringboodskappe van My.

22. As hulle daar was toe Ek dit besluit het,dan moet hulle vir my volk sê wat Ek gesê het.Hulle moet my volk laat terugkom van die verkeerde pad,hulle moet my volk laat ophou om slegte dinge te doen.

23. Dink julle Ek is ’n God wat net dinge sien wat naby isen nie ook dinge wat ver is nie?

24. “Niemand kan wegkruip waar Ek hom nie sien nie. Julle moet dit weet: Ek is oral in die hemel en op die aarde.”Dit het die Here gesê.

25. “Daar is profete wat lieg en wat sê Ek het hulle gestuur. Ek het gehoor wat hulle sê. Hulle sê hulle het gedroom en hulle vertel wat hulle gedroom het.

26. Hoe lank sal daar nog profete wees wat lieg en wat self dinge uitdink, mense wat die volk bedrieg en sê Ek het hulle gestuur?

27. Hulle vertel vir mekaar wat hulle gedroom het, hulle wil my volk laat vergeet wie Ek is. Hulle is soos hulle voorvaders wat vir Baäl gedien het en vergeet het wie Ek is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23