Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 21:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jeremia het vir hulle gesê:

4. “Julle moet vir Sedekia sê die Here, die God van Israel, sê: Julle maak nou oorlog teen die koning van Babel en die Galdeërs wat buite rondom die stad is, maar Ek sal nou julle spiese en pyle waarmee julle oorlog maak, omdraai teen julleself, en Ek sal die vyande binne-in hierdie stad laat kom.

5. Ek sal self teen julle oorlog maak en julle straf, want Ek is kwaad, baie kwaad.

6. Ek sal almal in die stad, die mense en die diere, laat sterf van ’n groot pes.

7. En daarna sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare gee vir koning Nebukadnesar van Babel, Ek sal ook vir Nebukadnesar die mense gee wat nie gesterf het van pes en oorlog en honger nie. Ek sal hulle gee vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die vyande sal hierdie mense doodmaak, hulle sal nie jammer wees vir hulle nie, hulle sal nie een laat lewe nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 21