Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:14-19 Bybel vir Almal (ABA)

14. Op die Libanon-berg is daar altyd sneeuen die riviertjies koue water wat van ver kom,hou aan om te vloei.

15. Maar my volk het My vergeeten hulle het wierook-offers gebringvir gode wat nie regtig gode is nie.Die volk het nie aangehou loopop die goeie ou paaie nie,hulle het begin loop op paaiewat nie paaie is nie,en hulle het oor die klippe begin val.

16. Dit is hulle skuld dat hulle land sal verander.Mense sal bang word wanneer hulle siendaar woon nie meer mense in die land nie,en hulle sal fluit.Dit sal altyd so wees.Almal wat deur die land loop,sal bang word en hulle sal hulle kop skud.

17. Ek sal die mense van Judana al die kante toe jaagwanneer hulle vyande hulle aanval.Ek sal hulle jaagsoos die oostewind die kaf wegwaai.En wanneer hulle daardie dag bang worden wil vra dat Ek hulle moet help,dan sal Ek wegdraai,Ek sal nie na hulle kyk nie.”

18. Die mense van Juda het gesê: “Ons moet ’n plan maak teen Jeremia. Ons moet slegte dinge oor hom vir die mense vertel, ons moenie bekommerd wees oor wat hy sê nie. Daar sal altyd priesters wees om vir ons te leer, en wyse mense om vir ons te vertel wat ons moet doen, en profete wat vir ons sê wat die Here sê.”

19. Daarom vra ek, Jeremia:“Here, U moet my beskerm,U moet hoor wat my vyande sê.Ek het goeie dinge gedoen aan hulle,maar hulle wil ’n slegte ding doen aan my,soos wanneer iemand ’n gat grawe om ’n dier te vang.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18