Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 8:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. “Ek wens jy was my broer,ek wens jy het ook aan my ma se bors gedrink.As ek jou dan buite in die straat gekry het,dan sou ek jou gesoen het,en niemand sou gedink het dit is verkeerd nie.

2. Ek sou jou na my ma se huis gebring het,en jy sou vir my geleer het van die liefde.Ek sou jou laat drink het van my kruiewyn,van my granaatsap.

3. Sy linker-arm is onder my kop,sy regter-arm is om my lyf.

4. Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowedat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie.Hoekom wil julle ons wakker maak?Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluitwat om te doen.”

5. Die vroue sê: “Wie is hierdie vrouwat uit die woestyn komen wat vashou aan die arm van die manvir wie sy lief is?”Sy sê: “Ek het jou wakker gemaakonder die appelboom,daar is jy gebore, daar het jou ma die pyn gevoel,en daar is jy gebore.

6. Jy moet my soos ’n seëlring teen jou bors druk,soos ’n seëlring om jou arm,want die liefde is so sterk soos die dood,dit is so sterk soos die doderyk,dit is ’n vuur wat warm brand.

7. Baie water kan nie die liefde laat ophou nie,riviere kan dit nie wegspoel nie.’n Mens kan nie liefde koop nie.As iemand alles wat hy in sy huis het,wil gee om liefde te koop,dan sal mense dink hy is baie dom,hulle sal vir hom lag.”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 8