Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 1:6-12 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle het baie koring gesaai,maar julle het min koring afgesny.Julle het geëet,maar julle was nog honger.Julle het gedrink,maar julle was nog dors.Julle het klere aangetrek,maar julle het nog koud gekry.Julle het hard gewerkvir ander mense,maar julle het nie geld nie.”

7. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Dink oor wat met julle gebeur het

8. en gaan haal hout op die berg en bou my tempel. Dan sal Ek bly wees daaroor en dan kan die mense My daar eer.”Dit het die Here gesê.

9. Die Here sê: “Julle het gehoop daar sal baie koring wees wat julle kan afsny, maar julle het min gekry. Toe julle dit huis toe gebring het, het Ek dit laat verdwyn. Hoekom?”Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek het dit gedoen omdat my tempel nie meer staan nie. Dit is net ’n hoop klippe, maar julle almal werk hard net om julle eie huise te bou.

10. Daarom het die grond droog geword en dit het min koring gegee.

11. Ek het droogte gestuur oor die land en oor die berge en oor die koring, die wyn en die olie. Ek het droogte gestuur oor alles wat in die grond groei, ook oor die mense en oor die diere, oor al die werk van die mense.”

12. Serubbabel en die hoëpriester Jesua en al die mense wat nog gelewe het, het gehoor wat hulle God die Here gesê het. Hulle het die boodskap gehoor wat die profeet Haggai vir hulle gebring het. Die volk het toe bang geword vir die Here.

Lees volledige hoofstuk Haggai 1