Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 3:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek sien hoe die Heredie Midianiete straf,die mense wat in tente woonin die land Kusan.Ek sien hoe bewe die mensein hulle tentein die land Midian.

8. Here, dit lyk of U kwaad isvir die riviere en die see,want U kom op u perdeen u oorlogkarre, die wolke.U kom om u vyande te oorwin.

9. U haal u boog uiten U skiet u pyle, die weerlig.Die weerlig slaan waarU gesê het dit moet slaan. SelaDan val die reënen die riviere sny die aarde.

10. Die berge sien Uen hulle bewe.Die strome water gaan verby.Die see raas,en sy branders is groot.

11. Die weerlig is u pyle en u spiese.Wanneer die weerlig slaan,dan staan die sonen die maan stil.

12. U is kwaad, U kom na die aarde.U is kwaad, U kom die volke straf.

13. U kom om u volk te red,en ook die koning wat U gesalf het.U maak die leiervan die slegte mense dooden U breek hulle huiseheeltemal af. Sela

14. Die vyande se soldatehardloop na ons toeom ons weg te jaagna al die kante toe,maar U maak hulle leier doodmet sy eie spies.Hulle het gedink u volk is swak,hulle het gedink hulle sal ons maklik vangen doodmaakwaar niemand dit sien nie.Hulle het al klaar bly geword daaroor.

15. Wanneer U oor die see rymet u perde,dan raas die water.Die wolke is u perde.

16. Ek hoor dit en ek skrik.My lippe bewe,my hele liggaam word lam,my bene ruk.Ek bly stil en ek wagdat die dag moet kom.Ek wag vir die dagwanneer daardie volkook swaar sal kry,die volk wat teen onsoorlog gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 3