hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gepraat. Die Here het vir die profeet Habakuk gewys wat sal gebeur.

Here, hoe lank moet ek nog bid?

2. Habakuk het gesê:“Here, hoe lank moet ek nog bid?Hoe lank moet ek nog soebatdat U ons moet help?U luister nie na ons nie,U help ons nie teen die mensewat ons laat swaarkry nie.

3. Hoekom wys U vir mydat mense verkeerd doenaan ander mense?U sien hulle kry swaarmaar U doen niks.Ek sien hoe mense slegte dingedoen aan ander menseen nie reg doen aan hulle nie.

4. Daarom is die Wette van Mosesnie meer belangrikvir al die mense nie,en daarom doen hulle nie regaan ander mense nie.Dit gaan beter met mensewat verkeerd doenas met mense wat reg doen.Mense gaan kla in die poort,maar wanneer hulledaar weggaan,dan het niemand daarreg gedoen aan hulle nie.”

Ek sal die Galdeërs roep

5. Die Here het gesê:“Julle moet na die volke kyk.Julle moet na hulle kyk,dan sal julle verbaas weesen nie weet wat om te sê nie.Ek sal nou iets doen,en julle sal dit nie glowanneer mense ditvir julle vertel nie.

6. Ek sal die Galdeërs roep.Hulle is die wrede, wilde volkwat oor die hele aarde gaanen lande vat wat nieaan hulle behoort nie.

7. Almal is bang vir hulle,hulle doen wat hulle wil.

8. Hulle perde is vinnigeras jagluiperdsen wilder as honger wolwe.Hulle soldate kom op hulle perdevan ver plekke.Hulle kom so vinnig soos aasvoëlswat afduik om te kom vreet.

9. Hulle almal kom oorlog maak,hulle jaag reguit vorentoe.Hulle vang baie mense,so baie soos sandkorrels.

10. Hulle spot met koningsen met mense wat regeer.Hulle kom maklik in ’n stad in,want hulle gooi grondteen die sterk mureen klim dan bo-oor die mure.

11. Dan gaan hulle weg,hulle gaan verder soos die windwat verby waai.Hulle dink hulle kan doenwat hulle wil omdat hulle sterk is.”

U het die Galdeërs gekies om ons te straf

12. Habakuk het gesê:“Here, U was nog altyd God.U is my God,U is my heilige God.Ons sal nie sterf nie.Here, U is die Rotswat ons beskerm,maar U het die Galdeërs gekiesom ons te strafen U het hulle sterk gemaak.

13. Ek weet U wil nie siendat mense sonde doen nie.U wil nie kyk hoe menseverkeerd doen nie.U hou niks daarvan dat menseander mense laat swaarkry nie.Hoekom sien Uwat die Galdeërs doen,maar U doen niks?Hulle is slegte mense.Hoekom bly U stil wanneer hullemense doodmaakwat beter is as hulle?

14. Die mense het nie leiers gehad nie,U het hulle gemaaksoos die visse in die seeen soos die klein diertjieswat op die aarde kruip.

15. Die Galdeërs vang die mensesoos ’n mens visse vangmet ’n hoek of in ’n net,en dan is hulle bly en hulle juig.

16. Hulle bring dan offersen hulle brand wierookvir hulle nette,want die nette help hulleom ryk te word en lekker te eet.

17. Here, is dit regas die Galdeërs aanhouom mense dood te maak?Is dit reg as hulle nie jammer isvir die mense nie?”