Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:8-14 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die vyf konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela het toe in die Siddim-vallei bymekaargekom om oorlog te maak

9. teen koning Kedorlaomer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amrafel van Sinar, en koning Arjok van Ellasar. Daar was vier konings teen vyf konings.

10. In die Siddim-vallei was daar gate in die grond, en daar het teer uit die gate gekom. Die konings van Sodom en Gomorra het gevlug en hulle het in die gate geval. Die soldate wat oorgebly het, het na die berge gevlug.

11. Die vier konings het al die goed en die kos van die mense van Sodom en Gomorra gevat en weggegaan.

12. Hulle het ook vir Lot en al sy goed gevat en weggegaan. Lot was Abram se broer se seun. Hy het in daardie tyd in Sodom gewoon.

13. Een man wat gevang is, het losgekom. Hy het alles vir Abram die Hebreër gaan vertel. Abram het toe gewoon by die bome van Mamre, die Amoriet. Mamre en sy broers Eskol en Aner was Abram se bondgenote.

14. Toe Abram hoor die vier konings het vir Lot gevang en weggevat, het hy vir 318 van sy slawe wapens gegee. Hulle het die vier konings gevolg en gejaag tot by die stad Dan.

Lees volledige hoofstuk Genesis 14