Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. In daardie tyd was daar vier konings wat oorlog kom maak het. Hulle was koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim.

2. Hulle het oorlog gemaak teen koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim en die koning van Bela. Bela se ander naam was Soar.

3. Hierdie vyf konings het mekaar gehelp en hulle het ’n ooreenkoms met mekaar gemaak. Hulle het bymekaargekom in die Siddim-vallei. Die Siddim-vallei se ander naam was die Sout-see.

4. Die vyf konings het koning Kedorlaomer gedien, hy het twaalf jaar lank oor hulle regeer. Maar in die dertiende jaar wou hulle hom nie meer dien nie.

5. In die veertiende jaar het koning Kedorlaomer en die drie konings wat saam met hom was, gekom om oorlog teen die vyf ander konings te maak. Hulle het die Refaïete in Asterot-Karnajim oorwin, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajim-vallei,

6. en die Goriete in die Seïr-berge tot by El-Paran langs die woestyn.

7. Toe het koning Kedorlaomer en sy bondgenote omgedraai en by En-Mispat gekom. En-Mispat se ander naam was Kades. Hulle het die Amalekiete se hele land gevat, en hulle het ook die Amoriete oorwin wat in Gaseson-Tamar gewoon het.

8. Die vyf konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela het toe in die Siddim-vallei bymekaargekom om oorlog te maak

Lees volledige hoofstuk Genesis 14