Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 6:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Koning Darius het toe gesê sy mense moet soek in die kamers in die land Babel waar hulle die boeke en die briewe gebêre het.

2. Hulle het ’n boekrol gekry in Agmeta, ’n stad wat sterk mure het. Agmeta is in die provinsie Medië. Op die boekrol was daar geskryf:Hierdie is ’n besluit van die koning.

3. Dit was in die eerste jaar nadat Kores koning geword het. Koning Kores het gesê hulle moet die tempel in Jerusalem weer bou sodat hulle daar kan offer, sodat hulle vuur-offers kan bring. Die gebou moet 60 el hoog en 60 el breed wees.

4. Hulle moet elke maal drie lae klip en dan een laag hout gebruik om die mure te bou. Die koning sal betaal vir al die werk.

Lees volledige hoofstuk Esra 6