Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 10:10-17 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die priester Esra het opgestaan en hy het vir hulle gesê: “Julle was ontrou. Julle het getrou met vroue wat nie Israeliete is nie, julle het die sonde van Israel meer gemaak.

11. Daarom moet julle nou bely voor die Here, die God van julle voorvaders. Julle moet doen wat Hy wil hê. Julle moet die ander mense in die land los, julle moet skei van die vroue wat nie Israeliete is nie.”

12. Die hele vergadering het geantwoord en hard gesê: “Ja, ons moet doen wat jy gesê het.

13. Maar hier is baie mense, en dit reën. Ons kan nie hier buite bly staan nie. En ons sal nie in een of twee dae alles kan doen wat jy sê nie, want baie van ons het hierdie sonde gedoen.

14. Ons leiers kan hier bly en hulle kan die werk doen wat die hele vergadering moes doen. Almal in die stede wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie, kan dan kom wanneer hulle moet kom. Die leiers en regters van die stad kan saam met hulle kom en hulle kan dan doen wat hulle moet doen. Dit moet gebeur totdat die Here nie meer kwaad is vir ons nie.”

15. Net Jonatan seun van Asael en Jagseja seun van Tikwa wou dit nie doen nie, en Mesullam en die Leviet Sabbetai wou ook nie.

16. Maar die mense wat teruggekom het uit Babel, het gedoen wat hulle besluit het. Die priester Esra het manne gekies. Hulle was familiehoofde, Esra het hulle name genoem. Hulle het saamgekom op die eerste dag van die tiende maand om die werk te doen,

17. en op die eerste dag van die eerste maand van die volgende jaar het hulle die laaste van die mans wat getrou het met vroue wat nie Israeliete is nie, van hulle vroue laat skei.

Lees volledige hoofstuk Esra 10