Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 5:9-17 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek wil iets met julle doen wat Ek nog nie voorheen gedoen het nie en wat Ek nie weer sal doen nie. Ek wil dit doen omdat julle so baie slegte dinge gedoen het.

10. Daarom, pa’s sal hulle kinders eet in die stad, en kinders sal hulle pa’s eet. Ek sal die mense in die stad straf wat skuldig is en Ek sal die mense wat dan nog lewe, na al die kante toe jaag.”

11. Die Here, Hy wat Here is, sê: “So seker soos Ek lewe, Ek sal julle minder maak, Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie, want julle het my tempel onrein gemaak omdat julle daar baie lelike dinge gedoen het, baie slegte dinge.

12. Een derde van julle sal in die stad sterf van pes of van honger, een derde sal rondom die stad sterf in die oorlog, en Ek sal een derde na al die kante toe jaag, Ek sal hulle self met my swaard jaag.

13. Ek sal alles aan hulle doen wat Ek wil doen, Ek sal dit doen omdat Ek kwaad is vir hulle. Hulle sal weet dit is Ek, die Here, wat gepraat het. Ek is baie kwaad en Ek sal hulle straf.

14. Ek sal Jerusalem verwoes, sodat dit net ’n hoop klippe is. Die volke wat rondom die stad woon, sal spot met die stad. Elkeen wat daar verbykom, sal dit hoor.

15. Wanneer Ek besluit om die mense van Jerusalem te straf omdat Ek kwaad is vir hulle, baie kwaad, dan sal die volke wat rondom hulle woon, hulle spot en beledig. Die volke sal skrik oor wat Ek met Jerusalem doen

16. wanneer Ek my pyle wat doodmaak na hulle toe skiet. Die pyle is die hongersnood wat hulle sal laat sterf. Ek sal hulle meer en meer honger laat word en Ek sal hulle kos laat opraak sodat hulle sterf.

17. Ek stuur honger en wilde diere na julle toe. Hulle sal julle kinders doodmaak. Daar sal pes in die stad kom, en baie mense sal in oorlog sterf. Ek bring vyande na julle toe om julle dood te maak. Ek, die Here, het gepraat.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 5