Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 4:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. Kyk, Ek bind jou vas met toue sodat jy nie van die een sy op die ander sy kan draai nie. Wanneer jy klaar die stad van al die kante aangeval het, dan kan jy omdraai.

9. En jy moet koring en gars en boontjies en lensies en sorghum en spelt neem. Jy moet dit saam in ’n bak sit en vir jou kos maak. Jy moet dit eet so lank soos jy op jou sy lê, 390 dae lank.

10. Jy moet elke dag 20 sikkels van die kos eet. Jy moet ’n bietjie eet, en later moet jy weer ’n bietjie eet.

11. En jy moet meet hoeveel water jy moet drink. Dit moet een sesde hin wees. Jy moet ’n bietjie drink, en later moet jy weer ’n bietjie drink.

12. Jy moet broodjies bak om te eet, soos garsbroodjies, en jy moet dit bak op droë mensmis. Almal moet sien dat jy dit doen.”

13. Die Here het ook gesê: “Die Israeliete sal hulle kos ook so moet eet tussen die ander volke. Ek sal hulle daarnatoe jaag. Hulle kos sal onrein wees.”

14. Toe sê ek: “Ag, Here, my Here, ek het nooit vleis geëet van diere wat gevrek het of wanneer roofdiere hulle doodgemaak het nie, nooit, vandat ek jonk was tot vandag toe. Ek het ook nie offer-vleis geëet wat begin sleg word het nie. Ek het nie onrein geword nie.”

15. Die Here het toe vir my gesê: “Goed, dan mag jy jou kos gaarmaak op beesmiskoeke, nie op droë mensmis nie.”

16. Daarna het die Here vir my gesê: “Mens, Ek sal nou die kos en water in Jerusalem laat opraak. Hulle sal hulle kos moet weeg en hulle sal baie bang wees, hulle sal hulle water moet meet en hulle sal baie bekommerd wees.

17. Hulle sal nie genoeg kos en water hê nie, hulle sal vir mekaar kyk en baie bang wees. Hulle sal stadig sterf omdat hulle sonde gedoen het.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 4