Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 31:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet vir die farao en vir al sy soldate sê:“Wie was so belangrik soos jy?Niemand.

3. Kyk na Assirië.Assirië was soos ’n sederboomop die Libanon-berg.Die boom het mooi takke gehaden baie blare.Die boom was hoog en sy boonste puntwas tussen die wolke.

4. Daar was baie water by die sederboom.Die water het die boom groot laat word.Die diep water het hom hoog laat groeien dit het strome water laat vloeirondom die plekwaar die boom gegroei het.Die strome water het gevloeina al die bome.

5. Die sederboom het hoër gegroeias al die ander bome,dit het groot takke en lang blare gekry,want dit het baie wateruit die waterslote gekry.

6. Al die voëls het hulle neste kom maakin die takke van die groot boom,die wilde diere het kleintjies gekryonder die boom,en al die baie volke hetin sy skaduwee kom woon.

7. Die boom was mooi en hy was groot.Sy takke was lank,want sy wortels was by baie water.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 31