Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Ek sal Egipte straf. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

20. Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:

21. “Mens, Ek het die arm gebreek van die farao, die koning van Egipte. Ek het nie sy arm toegedraai sodat dit weer gesond kan word nie. Ek het nie ’n plank aan sy arm vasgemaak sodat die arm weer sterk kan word en ’n swaard kan vashou nie.”

22. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek is nou die vyand van die farao, die koning van Egipte. Ek sal altwee sy arms breek, die gesonde arm en die arm wat af is. Die swaard sal uit sy hand val.

23. En Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen ander volke in, hulle sal oral in ander lande moet woon.

24. Ek sal die koning van Babel se arms sterk maak en Ek sal my eie swaard in sy hand sit. Maar Ek sal die farao se arms breek, en hy sal voor die koning van Babel lê en huil en kla soos iemand kla wanneer ’n vyand hom plat geslaan het.

25. Ek sal die arms van die koning van Babel sterk maak, en die farao se arms sal afval. Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek my eie swaard in die hand van die koning van Babel sit, en wanneer hy die swaard uitsteek oor die land Egipte.

26. En Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen ander volke in, hulle sal oral in ander lande moet woon. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30