Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 22:27-31 Bybel vir Almal (ABA)

27. Die amptenare in die land is soos wolwe wat diere doodbyt en hulle bloed laat vloei. Hulle vermoor mense om daardie mense se goed te kan vat.

28. Die profete het nie gepraat oor die sonde van die mense nie, hulle het stilgebly daaroor. Hulle het gelieg en gesê Ek het vir hulle dinge gewys wat sal gebeur, hulle het gesê hulle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hulle het gesê: ‘Die Here, Hy wat Here is, sê dit,’ maar die Here het dit nie gesê nie.

29. Die belangrike mense in die land het die mense bedrieg wat hulleself nie kan help nie en hulle het daardie mense se goed gevat. Hulle het slegte dinge gedoen aan arm mense, hulle het vreemdelinge verdruk en nie reg gedoen aan hulle nie.

30. Ek het gekyk of daar iemand by hulle is wat die mense in die land kan beskerm, iemand wat voor My kan staan in hulle plek sodat Ek nie almal in die land sal doodmaak nie. Maar Ek het nie so ’n persoon gekry nie.

31. Daarom het Ek hulle gestraf. Ek was kwaad en Ek het hulle laat sterf. Ek het hulle gestraf oor die dinge wat hulle gedoen het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 22