Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Daardie dag toe jy gebore is, het hulle nie jou naelstring afgesny nie, hulle het jou nie gewas en jou vel met sout gevryf nie, hulle het jou nie toegedraai nie.

5. Niemand was jammer vir jou nie. Niemand het een van hierdie dinge gedoen om jou te help nie. Hulle het jou weggegooi in die veld. Niemand het van jou gehou toe jy gebore is nie.

6. En toe het Ek daar by jou gekom. Ek het gesien dat jy in jou bloed lê en rondrol. Ek het gesien dat jy in jou bloed gelê het en Ek het vir jou gesê: ‘Jy moet lewe!’ Jy het daar in jou bloed gelê, en Ek het vir jou gesê: ‘Jy moet lewe!

7. Jy moet groot word!’ Ek het jou laat groei soos ’n veldplant. Jy het gegroei en grootgeword. Jy het ’n baie mooi meisie geword. Jou borste het styf geword en jou hare het lank geword. Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.

8. Toe Ek by jou kom en Ek sien jy is nou ’n jongmeisie wat kan trou, het Ek my bo-kleed oor jou gegooi en Ek het jou toegemaak. Ek het belowe Ek sal aan jou behoort en Ek het ’n verbond gemaak met jou.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.“Jy het Myne geword.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16