Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:29-36 Bybel vir Almal (ABA)

29. Jy het aangehou om ander gode te dien saam met die mense in die land van die handelaars, die Galdeërs, en jy wou dit meer en meer doen.

30. Jy is mal in jou kop.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.“Jy het al hierdie dinge gedoen soos ’n prostituut wat haar werk goed kan doen.

31. Jy het offer-plekke gebou op elke plek waar die paaie bymekaarkom en oral waar daar plek was, maar jy het toe nie soos ’n prostituut gemaak nie. Jy het nie gevra dat hulle jou moet betaal nie.

32. Jy was soos ’n slegte vrou wat gekies het om by ander mans te slaap, nie by haar eie man nie.

33. Al die prostitute wil hê dat die mans húlle moet betaal, maar jý het vir almal betaal, almal vir wie jy lief was. Jy het hulle betaal om van oral na jou toe te kom en om ander gode saam met jou te dien.

34. Jy was anders as al die ander prostitute toe jy ontrou geword het. Mans het nie self na jou toe gekom nie, hulle het nie vir jou betaal nie, nee, jy het vir húlle betaal. Jy was anders.”

35. Daarom, slegte vrou, luister na wat die Here sê.

36. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy het baie slegte dinge gedoen, jy het jou klere uitgetrek vir almal vir wie jy lief was, vir jou afgode wat Ek haat. Jy het jou kinders doodgemaak en jy het hulle bloed vir die afgode gegee.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16